10ha lewenstylplaas in potchefstroom se top groeigebied – met ontwikkelingspotensiaal
Hierdie uitsonderlike 10 hektaar plot, geleë in een van Potchefstroom se mees gesogte areas, bied nie net ruimte en rustigheid nie — maar ook ernstige toekomstige potensiaal.
Die eiendom is ideaal geposisioneer in ’n gebied waar die dorp vinnig besig is om uit te brei en te ontwikkel, wat beteken hierdie plaas kan in die toekoms ook ’n sterk ontwikkelingsgeleentheid bied vir die regte koper.
Die ruim woonhuis beskik oor:
- 3 slaapkamers
- 2 badkamers
- n Inloop-linne kamer
- Studeerkamer / kantoor
- Groot oopplan woonvertrek, kombuis en eetkamer
- Opwasruimte
- Spens vir ekstra gerief
Die infrastruktuur en werksmoontlikhede:
- 2 boorgate, waarvan een volledig toegerus is
- n Massiewe stoor/werkswinkel – ideaal vir boerdery, besigheid of groot toerusting
Hier kry jy die beste van beide wêrelde:
- ’n rustige plaaslewe met spasie en privaatheid
- én ’n ligging in ’n area met groeiende waarde en uitbreidingspotensiaal
Of jy nou ’n leefstylplaas soek, ’n besigheid van die huis af wil bedryf, of ’n langtermyn belegging met ontwikkelingsopsies wil hê — hierdie eiendom is ’n skaars geleentheid.
Kontak my vandag om ’n privaat besigtiging te reël.